Vroeër vanjaar is die 26-jarige akteur se naam romanties aan die 36-jarige verbind nadat hulle naby Ibiza op ’n jag opgemerk is waar hulle alte danig met mekaar was. Die romanse was vermoedelik kortstondig en Zac raak nou geheg aan sy We Are Your Friends-medester Emily Ratajkowski. Sy is die bekendste daarvoor dat sy bostukloos verskyn in Robin Thicke se musiekvideo vir Blurred Lines.

“Sy het daardie eksotiese voorkoms waarvan Zac hou. Emily is asemrowend. Sy werk ook hard en fokus op haar loopbaan. Sy hou nie partytjie hou soos Michelle nie. Zac wou stil tyd gehad het ná sy dol kortstondige verhouding en Emily gee dit vir hom,” het ’n bron aan die Britse tydskrif Heat gesê.

Zac speel ’n DJ genaamd Cole in die komende rolprent, en dit handel oor hom wat probeer roem verwerf. Emily speel die meisie van Cole se baas en hulle het blykbaar baie pret op die stel gehad. Die twee word saam gesien en vind oënskynlik aanklank by mekaar, al is hulle nie haastig om ’n etiket op hul vriendskap te plaas nie.

“Hy hou van haar. Sy het op die regte tyd in sy lewe gekom. Hulle kuier baie saam,” het die bron gesê. “Hulle vat dit stadig. Hulle wil nie hê iets moet met die rolprent inmeng nie.”

Zac lewer selde indiepte kommentaar oor sy persoonlike lewe, maar is bereid om met ’n ompad daaroor te praat. Hy het voorheen bespreek waarvoor hy in ’n maat soek, maar benadruk hy steur hom nie aan tradisionele reëls oor uitgaan nie.

“Seks is iets pragtigs. Ek maak nie beswaar nie,” het hy aan die tydskrif Glamour gesê toe hy gevra is wat hy dink van meisies wat bereid is om op die eerste afspraak by iemand te slaap.

“Ek dink die belangrikste ding vir my in ’n verhouding is eerlikheid. Aan die begin wys meisies soms nie hul ware persoonlikheid nie.”

© Cover Media