zac-efron-jaw

Die 26-jarige hartebreker het breed geglimlag toe sy gunstelingspan, Indianapolis Colts, Sondag die Houston Texans klop.

Die ster van High School Musical se mond is ’n week vantevore met drade geheg nadat hy sy kakebeen gebreek het toe hy op sy gesig buite sy huis in Los Angeles val.

Zac glimlag breed in ’n foto saam met die eienaar van die Colts, Jim Irsay, wat hy op die sosiale webtuiste WhoSay gedeel het. Hy het by die foto geskryf: “’n Onvergeetlike reis na Indië. Geluk met die oorwinning, @Colts! (sic).”

Zac het baie pyn ervaar ná die fratsongeluk wat daartoe gelei het dat hy sy eersdaagse promosietoer vir die fliek That Awkward Moment moes afgelas nadat hy steke gekry het en aangesê is om te rus.

Hy het ’n moeilike jaar agter die rug en het ook rehabilitasie vir beweerde kokaïen- en alkholmisbruik ontvang, maar dit lyk of hy goed op die herstelpad is.

Die ster van Parkland het glo om hulp gaan aanklop nadat sy vriende bekommerd geraak het oor sy “deurmekaar” gedrag terwyl hy aan die gewaagde nuwe komedie Neighbors gewerk het.