Die 26-jarige akteur het gesê hy het vroeg verlede maand homself beseer toe hy tuis in ’n plas water gegly het.

Die akteurs Miles Teller en Michael B. Jordan sê nou in ’n video op YouTube Efron het eintlik die besering opgedoen terwyl hy intiem was met ’n vrou.

Hulle grap toe Efron nie aan die vrou se verwagtings voldoen nie, het sy hom met ’n swaar boek deur die gesig geslaan, berig Fox News.

Op die YouTube-video sit Efron by Teller en Jordan en lyk net ongemaklik.

Bronne: Beeld, Sapa