Zac Efron het ’n R40 miljoen-huis in Los Angeles gekoop.

Volgens RadarOnline het die Parkland-akteur ’n weelderige huis in Los Feliz gekoop. Zac is glo vroeër vanjaar behandel vir verslawing aan kokaïen en alkohol.

Die huis is geleë in ’n omheinde buurt van Hollywood Hills, ver van nuuskierige oë. Dit het vyf slaapkamers en vyf badkamers, ’n wynkelder, waterval, spa en gimnasium.

Vir Zac (25) se gaste is daar ’n privaat gastehuis met sy eie slaap- en badkamer.

Die akteur is glo in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem nadat hy tydens die verfilming van sy nuwe stoute komedie Neighbors vreemd opgetree het. Volgens sy vriende gaan dit nou baie beter met hom.