Die 26-jarige akteur, wat twee keer verlede jaar rehabilitasie vir kokaïenverslawing ontvang het, het onlangs met Halston begin uitgaan.

“Hulle is beslis ’n paartjie,” het ’n bron aan E! News gesê. “Hulle het tydens verfilming by mekaar gekuier en nadat hy rehabilitasie ondergaan het, het hulle gehegter geraak. Haar vriende is mal oor hom en sê hy is baie gaaf. Hy behandel haar baie goed.”

Die hartebreker en die 20-jarige voormalige Nickelodeon-ster is vroeër vandeesmaand by ’n basketbalwedstryd van die Los Angeles Lakers saam gekiek.

Die nuus oor hul romanse kom enkele weke nadat dit gelyk het of Zac weer die pad byster geraak het nadat hy en sy lyfwag in ’n geveg in Los Angeles betrokke was.

Maar die ster van die fliek That Awkward Moment, wat voorheen met Vanessa Hudgens en Lily Collins uitgegaan het, het glo ’n gesondheids- en welstandafrigter aangestel om hom op die regte pad te hou.

“Zac is toegewyd tot sy nugterheid. Dis ’n voortdurende proses,” het ’n bron gesê.