Die 26-jarige akteur se kakebeen is met drade geheg nadat hy die naweek laataand buite sy huis in Los Angeles gegly en op sy gesig geval het.

’n Bron het aan E! News gesê die 17 Again-ster kan weens sy besering nie praat nie. Hy het ook ’n groot sny aan sy gesig opgedoen waarvoor hy steke moes kry.

Die hartebreker, wat voorheen met Vanessa Hudgens uitgegaan het, sal na verwagting heeltemal herstel. Maar hy moes ’n promosietoer afgelas vir sy nuwe fliek, That Awkward Moment, wat vroeg in Januarie uitgereik word.

Die bron het gesê Zac werk nie binnekort aan ’n nuwe rolprent nie.

Daar is onlangs onthul Zac gaan uit met Lily Collins. Hy het vroeër vanjaar hulp vir drank- en dwelmverslawing gekry.

Die twee het bespiegelinge laat ontstaan hulle gaan uit toe hulle verlede week hande vashou. En Zac se vriende meen die 24-jarige aktrise kan die Lucky One-ster help koers hou.

’n Bron het voorheen gesê: “Lily is die beste meisie met wie Zac nou kan uitgaan. Sy is jonk, mooi en slim, maar bowenal drink sy nie en gebruik nie dwelms nie.

“Zac weet as hy sy loopbaan en sy lewe wil red, moet hy nugter bly en dit maak sy lewensverandering baie makliker as hy met iemand soos Lily uitgaan.”