Die 12de van die 12de 2012 is omtrent ’n spesiale dag!

Yutamé Venter Kroezen, Villa Rosa se Vicky, se seuntjie Keino Craigh is vanoggend om 07:26 gebore.

Die mannetjie is gesond en weeg 3.5 kg en is 51cm lank.

Sy tweede naam is Craigh, na Yutamé se oom vernoem. Yutamé  is al twee jaar getroud aan Morné Kroezen, wie in die boubedryf is.

Baie geluk Yutamé en Morné!

<iframe width="560" height="315" src="http://www.youtube.com/embed/xnO1nhcAG_w" frameborder="0" allowfullscreen></iframe>