Toe die kaptein Lubitz vra of hy die voorbereidings vir die Airbus A320 se landing kon kontroleer, het die 27-jarige gereageer: “Hopelik,” en: “Ons sal sien,” berig The Times.

Die medevlieënier het daarop aangedring dat kapt. Patrick Sondheimer ’n draai loop nadat die kaptein opgemerk het hy het nie in Barcelona tyd daarvoor gehad nie.

Die vliegtuig het in Spanje opgestyg op pad na Düsseldorf in Duitsland.

Patrick (34) het toe opgestaan en volgens berigte die stuurkajuit verlaat. Kort daarna kan gehoor word hoe die kaptein (34) skree: “In hemelsnaam, maak oop die deur!” terwyl die vliegtuig gedaal het voor dit in die Franse Alpe vasgevlieg het.

Harde slae kon luidens berigte teen die stuurkajuit se deur gehoor word voor nog ’n waarskuwingsalarm afgegaan het. Die vlieënier het toe vir ’n stil Lubitz in die stuurkajuit geskree: “Maak oop die verdomde deur!”

Vroeër het die Duitse dagblad Bild berig Lubitz se liggaam is gekry op die toneel waar die vliegtuig neergestort het.

Bronne: The Times, News.com.au