Devon Michelle Aucoin van Louisiana, Amerika, het die skok van haar lewe gekry toe sy ’n slang opgekrul in haar baba se motorstoel kry.

Sy skryf op Facebook sy het die motorstoel oornag buite langs die voordeur gelos sodat sy dit kon installeer. Die volgende oggend terwyl sy dit installeer, het sy ’n paar miere op die sitplek gesien en besluit om dit uitmekaar te haal sodat sy die miere kan verwyder.

Toe sy die verstellingsbasis afhaal, het sy op ’n slang afgekom wat in die sitplek opgekrul is.

“Gelukkig het ek dit gedoen, want tot my verbasing was daar ’n SLANG in die verstellingsbasis opgekrul!!!

“Dank die hemel Houston Redmond kom vandag terug huis toe om tot die redding te kom. Les geleer . . . Ek sal nooit weer ’n motorstoel buite los nie,” skryf sy.