In ’n skrikwekkende gebeurtenis het ’n Australiese branderryer ’n moontlike grusame haainaanval ontkom by die Jeffreysbaai-ope, ’n beroepsbranderrykampioenskap.

Mick Fanning het ná die voorval gesê die eerste stamp het vir hom gevoel soos ’n stuk seegras wat aan sy been verstrengel is.

TV- en internetkykers van regoor die wêreld het die ysingswekkende voorval op hul skerms aanskou. Dit is al meer as 6,8-miljoen keer op YouTube gekyk.

“My eerste instink was om my been los te ruk.

“Maar toe ek terugkyk, het ek net die haaivin gesien en begin skop en skreeu.

“Die haai het die tou om my been vasgehou en eers toe die haai dit deurbyt, kon ek wegswem,” het ’n Mick gesê.

Mick het geen beserings opgedoen nie. Die kompetisie is ook dadelik opgeskort.

Daar word geskat dat die haai 2,5?m en 3?m lank is.