• 250ml (1k) vrugte, fyngekap (ons het veselperske, papaja, kiwivrug en bessies gebruik)
  • 375ml (1½k) vetvrye vanilla jogurt

Meng die vrugte na wense in ’n geskikte houer. Bedek en vries tot hard. Meng die vrugte en jogurt in ’n voedselverwerker tot glad. Skep die mengsel in klein (125ml) plastiese bakkies, steek ’n roomysstokkie van hout of plastiek in elkeen en vries tot hard.

Druk die bakkies om die vrugtestokkies uit te haal. Bedien dadelik.

As jy sukkel om die  vrugtestokkies uit te kry, doop die bakkies vinnig in ’n bak met kookwater.

Genoeg vir vyf porsies.

- Arina du Plessis