Die fotograaf Amos Nachoum het onlangs aan die Suid-Afrikaanse kus ’n foto van dié eienaardige vis geneem, wat gewoonlik in warm dele van die Atlantiese, Stille en Indiese Oseaan voorkom.

Volgens huffingtonpost.com lyk die wit Mola Mola-sonvis in die water baie na ’n ysbeer en kan dit tereg as sy dubbelganger beskryf word. Sy grootte dra ook tot die oëverblindery by: Dit weeg ’n allemintige ton.

Die goeie nuus is dat dié visse nie gevaarlik is nie. Volgens marinelife.about.com is hulle banger vir mense as wat ons vir hulle is.

– Christiaan Boonzaier