Die TV-kanaal SABC1 het die regte tot die sangkompetisie bekom. Die eerste seisoen se uitdunne is op 7 Junie in Durban, 11 Junie in Bloemfontein, 14 Junie in Kaapstad en 21-22 Junie in Johannesburg. Daar sal ook op 25 Junie in Nelspruit uitdunne wees en op 28 Junie in Pietermaritzburg.

Belowende sangers kan blykbaar ook aanlyn aansoek doen.

Die wenner sal met R30 000 kontant en ’n platekontrak by Sony Music Africa wegstap.

Bron: TimesLive