Die glanspersoonlikheid Khloe Kardashian gaan nie te sien wees in die volgende seisoen van die talentsoektog The X Factor nie.

Fox het Maandag gesê Mario Lopez keer terug as ’n aanbieder, maar Kardashian sluit nie weer by hom aan nie.

Dié werklikheidsreeks se beoordelaarspaneel gaan ook ’n gedaanteverwisseling ondergaan.

-Nuus24