Al die geld wat met Kolwyntjies vir kinders met kanker (Cupcakes 4 kids with Cancer) ingesamel word, is ten bate van kinders wat aan kanker ly.

Kinderkanker kom nie baie algemeen in Suid-Afrika voor nie en maak sowat 1 persent van alle kankersoorte uit. Tog is dit geen rede om nie ’n kolwyntjie-engel te wees en sommer ook pret te hê nie.

Hoe word ’n mens ’n kolwyntjie-engel? Alle geesdriftige en geïnspireerde bakkers kan Cupcakes 4 Kids with Cancer nader en registreer. Registrasie het gesluit op Maandag 16 September.

Al wat jy hoef te doen is om 48 kolwyntjies by een van die 45 winkelsentrums op 23 plekke oral in Suid-Afrika te skenk. Met ’n skenking van R10 kan jy die hele gesin bederf. Daar is ook ander maniere om betrokke te raak, en dit sal net so prettig wees om as ’n vrywilliger te werk.

Vir nog inligting, besoek www.cupcakesofhope.org of skryf ’n e-pos aan info@cupcakesofhope.org