Wynand speel deesdae vir die Franse rugbyklub Montpellier en het Anri Brand, sy jarelange meisie, gevra om te trou.

Hy het ’n foto van sy toekomstige bruid op Instagram gedeel en almal van Chiliboy Ralepelle tot Bryan Habana en Juan de Jongh het hom gelukgewens.

“Dit het jou ’n rukkie geneem, maar baie geluk julle twee!” het Bryan geskerts.