Die 17-jarige seun het aangekom by die Nasionale Kinderhospitaal in Lima, Peru, met ’n erg geswelde linkeroog.

Medici het gou uitgevind dat ’n wurm van 3 cm, wat reeds weke lank in die seun se oog geleef het, verantwoordelik was vir die swelling.

Hulle het die ontdekking gedoen ná ’n MRB-skandering van die jong man, wie se naam nie bekendgemaak is nie.

Volgens Caroline Marchena, oogkundige, was die wurm ’n ernstige bedreiging vir die seun se gesondheid, aangesien dit ’n swelsel naby ’n sensitiewe deel van die gesig veroorsaak het, en ontsteking daarvandaan na die brein kan versprei.

Basilie, ’n doodgewone kookkruid met ’n sterk geur, is gebruik om die wurm na buite te lok.

Toe die honger wurm sy kop uitsteek om die basilie by te kom, het die dokters hom met ’n haartangetjie heeltemal uitgetrek.

Volgens die koerant Peruvian Correo het die seun geen blywende skade van die wurm opgedoen nie.