“Ons probeer om nie daaraan te dink nie,” sê Dawie Viljoen, Soniya se stiefpa, oor die tyd wat voorlê. Hy en sy vrou, Elize, gaan die tyd sonder hul kleindogter deurbring, met die wete dat hul dogter agter tralies is weens die moord op haar.

Soniya is gister in die streekhof op Vanderbijlpark tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy in Junie vanjaar haar dogter, Michelle (9), met ? tou doodgewurg het.

Lees ook: ‘Daar is hoop,’ sê regter ná hy wurgmoord-ma swaar vonnis oplê

“Ons is tevrede met die uitspraak,” sê Dawie. “Die staatsaanklaer het gehamer op lewenslank, maar haar prokureur het baklei vir tronkstraf van 15 jaar.”

Dawie sê hulle het geen gewraakte gevoelens nie en moes die gevaartekens raakgesien het.

In die hof is gehoor Soniya het haar in die verlede 27 keer self om die lewe probeer bring. “Soniya lyk goed. Die tronk kyk mooi na haar,” sê hy.

“Sy wil net hê haar tonkstraf moet verbygaan sodat sy haar lewe agtermekaar kan kry en ? bydrae tot die samelewing kan lewer,” sê Dawie.