Die motorvervaardiger Aston Martin het aangekondig dat hulle ‘n stootwaentjie vir babas sal vervaardig.

Dié luukse Britse motorgroep het kragte saamgesnoer met die stootwaentjievervaardigers, Silver Cross, om ‘n super-elegante ryding vir babas te vervaardig.

Maar ouers sal meer as R27 000 moet opdok as hul hierdie luuksheid bederf vir hul kleinding wil aanskaf.

“Hierdie is een van die mees eksklusiewe stootwaentjies ooit ontwerp en ‘n moet-hê vir vir mense wat hul lewe teen ‘n vinnige pas leef,” get Silver Cross in ‘n verklaring gesê.

-Bang Showbizz