TUSSEN die vreugde en pyn van die Lions se seisoen tot dusver gesels stoere Johannesburgse rugby-aanhangers tot laataand oor ’n ewe belangrike saak: Wat op aarde is daardie ruie boskaas op hul nuwe slot, Joshua Strauss, se bakkies?

En, belangriker nog, word baarde dan weer mode?

Die afgelope maande moes ons ’n ontstellende aantal bokbaarde, hangsnorre en kenbaarde op televise trotseer terwyl sportmanne by die dag hariger geword het.

Hoe sal ons ooit die herinneringe aan Schalk Burger se poginkie uit ons gedagtes gewis kry? Die donsies op sy bolip het ons aan ’n ewige waarheid herinner: ’n Rugbyspeler moet ’n baard hê, en hoe dikker, hoe beter. Breë skouers, ’n dik nek en reguit rug vra ’n vol, welige, manlike, geweldige BAARD.

’n Baard gee jou toegang tot ’n opwindende en baie eksklusiewe klub. Vroue is verbode in dié ruwe, manlike klub waar die harigheid van die lede respek, bewondering en ’n gevoel van eenheid afdwing. Soos Shakespeare geskryf het: ‘‘Hy wat ’n baard het, is meer as ’n jongeling, en hy wat geen baard het nie, is minder as ’n man.’’

Lees meer in die Huisgenoot van 17 Maart 2011