“Die segment vir woonstelle en meenthuise het die bes presterende kategorie gebly wat groei in residensiële boubedrywighede tot Oktober vanjaar betref,” sê die eiendomsontleder Jacques du Toit in ’n verklaring.

In die geheel het beplanning en bouwerk met tussen drie en vier persent toegeneem, vergeleke dieselfde tydperk verlede jaar.

Jacques sê faktore soos die ekonomiese uitkyk, huishoudelike geldsake, verbruikers- en bouvertrtroue en die vraag na nuwe behuising sal waarskynklik voortaan steeds bou-aktiwiteit aanspoor.

Hy sê die voortgesette klem op die verskaffing van nuwe huise in die segment vir kleiner huise en hoërdigtheidwoonstelle en –meenthuise weerspieël die bekostig van behuising en verbandfinansiering. Dit dui ook op ’n verandering in mense se leefstyl.

- SAPA