ELKE keer as sy sien hoe haar 11-jarige dogtertjie haar hare voor die spieël kam, bokspring Maria Prinsloo se hart.

Danika se donker haartjies is nog yl en net ’n paar sentimeter lank, maar dat sy hoegenaamd hare het, is niks minder as ’n wonderwerk nie.

Danika was toe al meer as vier jaar heeltemal haarloos, buiten dat sy nog haar boonste wimpers gehad het. Drie jaar gelede het ’n dermatoloog vir dié ma van Boksburg verseker dat haar dogtertjie nooit weer hare sou hê nie.

Danika is gediagnoseer met alopecia areata, ’n toestand wat meebring dat die liggaam se immuunstelsel die haarfollikels (sakkie waarin ’n haarwortel groei) aanval. Sy het op ses haar hare begin verloor en op agt jaar was nie net haar kop kaal nie, maar haar wenkbroue, onderste wimpers, haar arms en bene, alles was weg. In so ’n geval is die haarfollikels gewoonlik dood, en dan is daar geen kans dat die hare ooit weer sal groei nie, het die dokter gesê.

Die moedelose gesin het aanvaar dat die mediese wetenskap niks aan Danika se lot kan doen nie. Hulle het opgehou met die frustrerende proses om haar met konvensionele medisyne te probeer regdokter en met alternatiewe terapie begin. Maar ná meer as ’n jaar hiervan was daar ook steeds geen teken van verandering nie.

En toe, op Danika se 11de verjaardag in Desember, het haar oupa sy hande op haar kop gelê en vir haar gebid. En net daar, glo die Prinsloos, het Danika se wonderbaarlike genesing begin.

Lees die volledige artikel in die 19 Augustus 2010