Ontspan, Ma! Aandete hoef nie altyd ’n ernstige, tydrowende affêre te wees nie. Hierdie heerlike viskoekies in ’n visvorm van Checkers gaan ’n treffer onder die kinders wees.

fish cakes_copy pic

Maak so:

Verwyder die vel en grate van 750 g gaar witvis en vlok dit. Meng die vis, 250 ml (1 k) witbroodkrummels, 1 fyn gaar aartappel, 1 geklitste eier, 125 ml (½ k) gerasperde kaas, gekapte pietersielie (opsioneel) en sout na smaak. Laat 20 minute rus. Verhit ’n  bietjie olie in ’n pan. Bak lepels vol van die mengsel (of giet die mengsel in die koekiedrukkers – sien foto) tot gaar. Dreineer, geur met ’n bietjie suurlemoensap en sit voor saam met slaptjips.

Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.