Die Olimpiese 400 m-kampioen en wêreldrekordhouer is Woensdag benoem saam met die Jamaikaanse atleet Usain Bolt – wat vir die derde keer in die 100 m, 200 m en 4 x100 m-aflos goud gewen het op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro – en Mo Farah van Groot Brittanje wat vir die tweede keer in die 5 000 m en 10 000 m wedlope gewen het. Wayde was al man onder die aanvanklike nege benoemdes wat hierdie seisoen ’n amptelike wêreldrekord opgestel het. Die middelafstandatleet Caster Semenya, Olimpiese 800-m kampioen en nasionale rekordhouer, was verlede maand een van die benoemdes, maar het nie die kortlys gehaal nie. Die drie vrouefinaliste is Almaz Ayana van Ethiopië, wat die 10 000 m-wêreldrekord in Rio verbeter het, Elaine Thompson van Jamaika (goud in 100 m en 200 m) en Anita Wlodarczyk van Pole, wat haar Olimpiese titel in hamergooi verbeter en twee keer haar eie wêreldrekord oortref het.

Die finaliste is aangewys deur ’n driedelige stemmery waaraan die IAAF-raad en lede deelneem sowel as ondersteuners.

“Ons is baie trots op Wayde en Caster dat hulle vir hierdie gesogte pryse benoem is vir hul merkwaardige prestasies vanjaar. Ons wens Wayde baie sterkte toe, maar ongeag wie die prys wen, albei atlete is reeds wenners in ons oë,” het Aleck Skhosana, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika, gesê.

As Wayde die prys op 2 Desember in Monaco kry, sal hy net die tweede Suid-Afrikaanse atleet met dié prestasie agter sy naam wees, en die eerste sedert die hoogspring-wêreldkampioen Hestrie Cloete in 2003.

Bron: Sport24