Was jy ook jare lank vasgenael voor die kassie, besig om die spanningsvolle reeks Prison Break te kyk?

Wees gereed, want dit wil voorkom asof die held van dié baie gewilde reeks, Michael Schofield (gespeel deur Wentworth Miller), sy terugkeer uit die dood maak.

’n Nuwe seisoen van Prison Break tref in April die kassie, en kykers kan behoorlik nie meer wag om te sien wat volgende gebeur nie. Gaan die groep terug tjoekie toe?

Nog nie veel is bekend van die intrige van die nuwe seisoen, wat ’n paar jaar ná die gebeure van die vierde seisoen (wat in 2009 geëindig het) afspeel. Al wat ons weet is Michael is dalk nog lewendig en sy vrou, Sara, en seuntjie is naarstiglik op soek na hom.

Oe, soveel opwinding wat wag!

Intussen kan aanhangers solank ’n lywige voorsmakie kry van wat wag, want ’n splinternuwe lokprent is pas uitgereik.

Kyk hier daarna: