Neil, die tegniese direkteur van Safa, is verlede Sondag na die hospitaal gehaas ná hy 'n hartaanval tydens 'n oefensessie gehad het. Sy skielike hartaanval was net enkele dae nadat sy jongste dogter, Jessica, aangewys is as een van 2016 se Mej. Suid-Afrika semi-finaliste. Die 54-jarige is Sondag ontlaan, het Bafana Bafana en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) in die sosiale media bevestig. "Dit is 'n wonderwerk; Neil Tovey is uit die hospitaal ontslaan presies 'n week nadat hy 'n hartaanval gehad het," lui 'n Tweet op Bafana Bafana se amptelike blad.

Neil se broer, Mark, het Saterdag aan Safa se amptelike webwerf gesê hy ondergaan vanoggend (Saterdag) toetse sodat dokters sy vordering kan bepaal. "Maar hy het gestort en 'n kort afstand gestap.

"Dit is 'n ongelooflike storie en ek wil net weereens dankie sê aan alle Suid-Afrikaners vir hul gebede; hierdie is 'n wonderwerk," het Mark gesê.

Neil het ook in 2015 'n hartaanval gehad, maar het genoegsaam herstel om sy pos by Safa te aanvaar. Hy het 52 keer as Bafana Bafana-spanlid uitgedraf, 29 daarvan as kaptein.

Bron: Sport24