Hy is tans besig om sy nuwe album te vervaardig, maar die sanger Kurt Darren het ’n heel ander rede op opgewonde te wees: sy vrou Dunay van Heerden verwag die paartjie se tweede kind.

[caption id="attachment_121445" align="alignnone" width="600"]Dié foto is op Kurt se Facebook-blad gedeel. Dié foto is op Kurt se Facebook-blad gedeel. [/caption]

Kurt het die nuus met sy aanhangers op Facebook gedeel toe hy ’n foto van hulle dogtertjie Kyrah gedeel het. Sy hou ’n swart bordjie vas met die spesiale boodskap op geskryf: “Ek kry ’n maatjie.” Kurt het die woorde “So geseënd” daarby geskryf.

Lees ook: Bobby van Jaarsveld wys sy klein prinses, Armani – kyk dié skattige foto!

Dunay het ook die nuus op Twitter gedeel en aanhangers vir hulle gelukwensinge bedank.

Kyrah is in November 2014 gebore.

“Dit voel fantasties. Die enigste probleem is, sy lyk soos ek; die kennetjie en die oë en die neusie,” het Kurt destyds geskerts.

– Joshua Carstens

Ander storie op Huisgenoot.com

Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .