"Ek het eers nie geweet wie is Jonathan nie, tot my broer my vertel het en ek toe sien dat dit Rikus was... my ma het my gevra of hy rêrig so lyk en sulke kettings dra soos Jonathan . . .” vertel Kaylee van den Berg (23).

Sy en Jonathan, oftewel die man agter die grapjas, Rikus de Beer, is al vyf maande lank saam.

“Ek geniet Jonathan, maar hy is nie so sensitief en ondersteunend soos Rikus nie,” skerts sy. “Ek dink eintlik Rikus is snaakser as Jonathan, maar ek dink dis omdat dit privaat grappies is.”

Rikus en Kaylee, ’n onderwyseres, het mekaar in ’n kuierplek in Pretoria ontmoet en het ’n week later op die eerste afspraak gegaan.

Rikus is ook te sien in sy eie rolprent, Jonathan, wat op 2 Desember in teaters begin draai.