Hy het vyf dae gelede nog alte vrolik die geslag van sy tweede bondeltjie vreugde gedeel. En nou het die pienkvoet sy opwagting gemaak.

’n Opgewonde Emo Adams het Dinsdagmiddag ’n oulike foto van sy pasgebore seuntjie se voetjies op Instagram gedeel met die woorde: “2,99 KG. #BabyAdams #NewEdition #ProudDaddy #Welcome #MommyWasAmazing.”

 

2.99KG #BabyAdams #NewEdition #ProudDaddy #Welcome #MommyWasAmazing

A post shared by emo adams (@emo_adams) on

Emo het op Lentedag verlede jaar aangekondig hy en vrou, Michelle, gaan weer ouers word.  

Die paartjie het reeds ’n 19 maande oue seuntjie, Kadar Zayn.

 

It's That Time...

A post shared by emo adams (@emo_adams) on

Baie geluk aan die Adams-gesin!