[caption id="attachment_119265" align="alignnone" width="600"]Elizma, Nico en Eli-zé baljaar op die strand by Lambertsbaai. Foto: Misha Jordaan Elizma, Nico en Eli-zé baljaar op die strand by Lambertsbaai. Foto: Misha Jordaan[/caption]

Die pienkvoet het Donderdag-middag net na twee sy verskyning gemaak in die Pretoria-Oos-hospitaal.

Lees ook: Gewilde sanger word pa!

Dit gaan goed met ma en seun, laat weet Nico. “Ek het hom vasgehou en hy is pragtig,” vertel die trotse pa oor die foon aan Huisgenoot.

Klein NJ is op 35 weke gebore en weeg 3.1kg. Hy is tans in die hoësorgeenheid, maar perdfris en gesond.

Omtrent twee jaar gelede het die paartjie hul dogtertjie, Eli-zé, in die wêreld verwelkom.

Lees ook: Pragfoto’s van ’n swanger Elizma Theron

Vroeg vanoggend het Elizma ’n foto van Eli-zé op Facebook gedeel en geskryf: “Hierdie pragtige gesiggie kry vandag ’n BOETIE. Hy is nes sy nuuskierige sussie, voor op die wa. Hy maak bietjie vroeg sy verskyning so mag ek vra dat julle asb ’n gebedjie sal opstuur vir ons klein NJ dat hy perdfris en gesond sal wees. Baie liefde!!!?”

Ons is saam met jou bly dat alles goed verloop het, Elizma! Baie geluk julle.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com:

“Spioenasiebande-saak”: Vyf belangrikste dinge wat jy moet weet

‘Ons kruip weg vir veiligheidspolisie,’ vertel vasgekeerde SA gesin angsbevange uit Oman

Talle diere vrek ná hul vergiftigde karkas in Krugerwildtuin vreet

Jong en gewilde sport aanbieder dagvaar vir miljoene oor naakvideo

Internet gaande oor hondjie met draadjies

Pragfoto’s: ‘Hougie is romanties verby,’ verklap die Blitsbok se nuwe liefie

Slegte nuus vir spoedvrate wat boetes ontduik

Het ons bewyse van lewe daarbuite gevind?