A photo posted by Jo ?? (@crazy_about_cooper) on

Verskeie bronne het aan E! News vertel die Russiese skoonheid is swanger, maar dit het haar nie gekeer om Woensdag haar debuut by die Victoria’s Secret-modevertoning in Parys, Frankryk te maak nie.

Die 30-jarige model het aangesluit by ander Victoria’s Secret Angels soos Kendall Jenner, Gigi en Bella Hadid en Lily Aldridge by die geleentheid wat by die Grand Palais gehou is. Daar het sy haar lyfie vertoon in ’n aantal sexy kantbra’s en broekies.

Irina se maag is egter deur bykomstighede versteek, soos ’n taankleurige soldatejas in een verskyning, en ’n kort, rooi kamerjassie wat sy saam met ander onderklere gedra het wat haar ferm boudjies gewys het.

Irina is voor die vertoning agter die skerms gekiek in ’n piek syjapon wat haar middeltjie versteek het.

Iemand in die binnekring het aan E! News vertel Irina is in haar tweede trimester en “so opgewonde” daaroor om vir die eerste keer ma te word. Haar woordvoerder wou nie kommentaar lewer oor die gerugte nie, en ’n woordvoerder vir Bradley het nog nie op die gerugte gereageer nie.

[caption id="attachment_148267" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die ster van die fliek The Hangover en Irina is al sedert 2015 saam en het hul romanse in April 2015 die eerste keer openbaar gemaak toe hulle op ’n Broadway-afspraak in New York gewaar is.

Die paartjie is uiters privaat, maar het hul amptelike rooi tapyt verskyning as paartjie by die L'Oreal Red Obsession-partytjie in Maart gemaak toe Bradley haar na die geleentheid, wat tydens Parys-modeweek gehou is, vergesel het. Hy’t haar die dag tevore ondersteun deur in die voorste ry te sit by Givenchy se modevertoning. Bradley (41) het voorheen met Zoe Saldana, wat ook aan die fliek Guardians of the Galaxy saam met hom gewerk het, en die Britse model Suki Waterhouse uitgegaan. Hy was ook vir minder as ’n jaar, tot 2007, met die aktrise Jennifer Esposito getroud. Irina en die Portugese sokkerhartebreker Cristiano Ronaldo was tot begin 2015 vir vyf jaar saam.

© Cover Media