Die feesseisoen gaan oor gee en ontvang. Vir een huishouding het daar ’n vroeë Kersgeskenk, maar gewis een van die grootste geskenke ooit, opgedaag. Christina Storm-Nel (42) en haar man, Paul (45), se babaseuntjie het Maandag sy opwagting gemaak.

Vince is vroeër vandag met behulp van ’n keisersnee in die wêreld gebring. Hy is die vierde lid van die Storm-Nel-kroos en die eerste boetie vir sussies Ruby (12), Erin (12) en Eve (2).
“Dit was nog altyd een van my drome. Ek wou graag ’n tuisbly-ma wees wat my eie groentetuintjie kweek met ‘n liefdevolle man en duisende kinders,” het Christina vroeër vanjaar in ’n onderhoud aan Huisgenoot se sustertydskrif YOU gesê. Sy het haar opgewondenheid oor Vince se koms só op Instagram gedeel met die woorde: "14 meer slapies en dan's dit weer ek hierdie! Happy dayz!"

Lees ook: Christina Storm-Nel ‘kry seer’ in nuwe musiekvideo enkele dae voor sy geboorte skenk

Paul kan sy opgewondenheid oor nog ’n man in die gesin kwalik beteuel. Tot nou toe was hy omring deur ’n huis vol dames.

“Ek mag dalk ekstra hulp vra. Ek weet reeds hoe om meisies groot te maak. Hopelik is daar iewers ’n handboek wat ek kan leen, ek weet nie,” lag hy oor die uitdaging van seun-grootmaak wat voorlê.

Baie geluk aan die gesin en geniet elke oomblik met jul bababoetie!

- Shanaaz Prince