PROMOSIE

Plaaslik raak plesierig!

hero-boer-soek-n-vrou-s9-1

Moeg gewag vir die volgende episode van Boer Soek ’n Vrou? Wag is ou nuus! Die nuutste reeks van Boer Soek ’n Vrou is nou ook op ShowMax.

Van einde November af kan jy jou oorkyk aan die eerste sewe episodes van seisoen nege van Boer Soek ’n Vrou. En in Januarie sal die volledige reeks beskikbaar wees om op jou tyd te geniet. In die eerste episodes stel Minki die boere voor en help hulle om deur die stapels briewe te ploeg en tien potensiële maats te kies.

Daarna ontmoet die boere die dames, en moet hulle die moeilike besluit neem om elk vyf te kies met wie hulle op ’n afspraak gaan. Ná die afspraak, waartydens die boere die meisies beter leer ken, kies elkeen drie wat al die pad saam plaas toe gaan.

En dan raak dinge werklik warm! Die drama en intrige is verslawend. Jy hoef nie elke keer ’n week aan onttrekkingsimptome ly nie. Dis onnodig. Kyk al die episodes sonder onderbreking op ShowMax.

Indien jy nog nie op ShowMax ingeteken het nie, maak gebruik van die gratis proeflopie van 14 dae en geniet duisende episodes van die beste programme op TV op jou slimfoon, rekenaar, tablet of slim-TV. Want ’n boer maak ’n plan as hy Boer Soek ’n Vrou wil kyk!