Klein John Richard is Maandag gebore en die pa van twee is oorstelp van trots! Danielle en John is veilig by die huis, skryf hy in die sosiale media.

"Nou is ons 4! Prys die Here vir dié wonderlike seëning in ons lewens. John Richard de Villiers is om 11:00 Maandag die 17de gebore. My vrou is die wonderlikste vrou en sy het weereens bewys watter moed en krag sy het," skryf AB. 

En natuurlik het aanhangers ook ingespring met gelukwense.

"Die volgende generasie van Protea's," skryf een.

"Nog ’n 360 grade kolwer is gebore! Kom ons wag en kyk," skryf ’n ander aanhanger. 

Die paartjie het Saterdag vir hul eersteling, Abraham (2), ’n gholf-partytjie gehou ter viering van sy tweede verjaardag.

"Ek wens hy kon vir altyd so klein bly," skryf Danielle in die sosiale media. 

Baie geluk, julle!