Wel, trek jou almanak nader en laat weet jou werkgewer jy sal van Donderdag 23 Februarie tot Sondag 5 Maart met verlof wees. Skaf dan baie springmielies aan en maak gereed vir ’n week en ’n half se James Bond-fliekmarathon.

Many happy returns to 007, Daniel Craig.

A post shared by James Bond 007 (@007) on

DStv gaan vir dié tydperk plek maak vir ’n tydelike James Bond-fliekkanaal.

Elke Bond-fliek wat al ooit vervaardig is, gaan daarop uitgesaai word, het M-Net in ’n verklaring bekendgemaak.

Onthou jy Dr. No, wat in 1963 uitgereik is? Wel, jy sal dit weer kan kyk! En as jy dit nog nooit gesien het nie, is dit nou jou kans.

Die nuwe kanaal (109 op DStv) is ter viering van 55 jaar van 007.

“Oor die tydperk van sowat twee weke sal aanhangers die netjiese aandpakke, ikoniese karre, smeulende Bond-meisies, eksotiese bestemmings, al die elektroniese fieterjasies, booswigte, onvergeetlike musiek, fliek-inleidings en martini’s kan ervaar,” lui die verklaring.

Die flieks sal chronologies uitgesaai word; Sean Connery sal dus eerste in aksie te sien wees.

 

Nadat al die flieks uitgesaai is, word die string flieks weer op Maandag 27 Februarie om 10:10 van voor af gewys. En op 3 Maart word die siklus herhaal, wanneer die flieks weer vanaf 10:00 in volgorde uitgesaai word.

So jy het drie kanse om seker te maak jy sien al die flieks.

Maar wag, daar is nog! Vier dokumentêre films oor 007, die motors en die meisies sal tussendeur te sien wees: Now Pay Attention 007 (2000), Best Ever Bond (2002), Bond Girls Are Forever (2012) en Everything or Nothing: The Untold Story of 007 (2012).

 

Sean Connery (James Bond) in the Aston Martin DB5 filming GOLDFINGER (1964) at Southend Airport #BTS

A post shared by James Bond 007 (@007) on

Die volledige uitsaaiprogram sal op mnet.tv beskikbaar wees.