[caption id="attachment_120870" align="alignnone" width="600"]Potchefstroom kry weer 'n fees! Foto: Google maps, chrjp Potchefstroom kry weer 'n fees! Foto: Google maps, chrjp[/caption]

’n Fees soortgelyk aan die Aardklop Nasionale Kunstefees gaan volgens Japie Gouws, woordvoerder van ’n groep Aardklop-belanghebbendes, later vanjaar gehou word. Die Potchefstroom-kunstefees sal van 4 tot 9 Oktober 2016 in dié studentedorp in Noordwes plaasvind.

“Die naamregte ten opsigte van Aardklop Kunstefees kon ongelukkig (nog nie) bekom word nie en die fees sal nou eers as die Potchefstroom-kunstefees bekendstaan,” het Japie, besturende direkteur van die ATKV en woordvoerder vir die Aardklop-belanghebbendes, gesê.

Laasgenoemde groep het ontstaan nadat onlangs aangekondig is Aardklop is met onmiddellike effek gestaak, wat gelei het tot kommer oor die uitwerking daarvan op die dorp se ekonomie.

Die groep is saamgestel deur verteenwoordigers van die Tlokwe-stadsraad, Potchefstroom-sakekamer, gemeenskapsleiers, die Noordwes-Universiteit, stigersborge en ook ander borge en medewerkers van Aardklop.

Die belanghebbendes het ’n paar weke gelede besluit om borge te werf voor finaal besluit word. Tydens die afgelope vergadering is terugvoer ontvang oor borge wat so ’n fees sal steun, en hoewel die doelwit nog nie heeltemal bereik is nie, was die nuus so positief dat die groep van belanghebbendes besluit het om aan te kondig die kunstefeesplanne gaan voort.

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Hoe goed kan jy Engels praat?

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders