Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, is Forbes Africa se persoon van die jaar. Thuli is staande toegejuig toe die blye nuus Donderdag in Nairobi, Kenia gedurende die spoggeleentheid aangekondig is.

Suid-Afrika se ystervrou het haar termyn as openbare beskermer Vrydag 14 Oktober voltooi. In haar termyn van sewe jaar het Thuli nie geskroom om vir die gewone persoon in die bres te tree nie. Sy was egter ook nie bang om pres. Jacob Zuma op sy tone te hou met eers die Nkandla-verslag en toe die omstrede staatskapingverslag. Sy is volgende jaar die Universiteit van Stellenbosch se wins. Sy het boonop asems weggeslaan in haar pragtige, rooi skepping.
Dit is nie net Forbes Africa wat dink sy verdien hierdie pluimpie nie.

Geluk, Thuli! Jy maak ons almal baie trots.