Die Britse aktrise Emily Blunt het Amerika se onafhanklikheidsdag as ’n ma van twee gevier.

[caption id="attachment_130788" align="alignnone" width="600"]Emily Blunt (Foto: Apega/WENN.com) Emily Blunt (Foto: Apega/WENN.com)[/caption] Die Sicario-ster het haar dogter Violet verlede maand stil verwelkom en haar man, John Krasinski, het die geboorte Maandag op Twitter aangekondig. “Wat ’n beter manier is daar om die vierde te vier . . . as om ons vierde gesinslid bekend te maak!!! Twee weke gelede het ons ons pragtige dogter Violet ontmoet. #Happy4th,” het hy geskryf.

Emily en John, wat in 2010 getroud is, is reeds die ouers van die tweejarige Hazel Grace Krasinski. Die egpaar het hul tweede swangerskap in Januarie bekend gemaak.

Lees ook: SA rocker gaan klein rabbedoe ryker word!

In Maart vanjaar het Emily vertel hoe anders haar tweede swangerskap as die eerste een is. “Ek dink tydens die eerste swangerskap is jy op sommige maniere selfbehep,” het sy gesê. “Dit gaan alles oor jou en jou rustyd en voorgeboortelike joga en al daardie goed. Hierdie keer is heel anders – jy hardloop agter ’n kind aan wat jy reeds het!”

En die aktrise het erken dit het ’n rukkie geneem voor Hazel begin hou het van die idee van ousus word.

“Sy raak nou aan die idee daarvan (die baba) gewoond,” het Emily in Maart aan die Britse televisieprogram This Morning gesê. “Sy het dit volstrek afgemaak toe ek dit die eerste keer opper en nou is sy taamlik opgewonde, dink ek!”

Lees ook: Bekende Hollywoodster verwag vir die eerste keer

Emily sal ’n blaaskans geniet ná die geboorte, maar begin binnekort aan die rol van Mary Poppins werk in ’n Disney-vervolgprent wat in 2018 uitgereik word. Sy sal aansluit by Lin-Manuel Miranda, die ster en skepper van die Broadway-treffer Hamilton, in Mary Poppins Returns.

Die nuwe fliek het ’n soortgelyke storielyn, maar Lin-Manuel se karakter, Jack, sal by Emily se Mary Poppins aansluit. Die twee werk saam om die Banks-kinders, wat nou grootmense is, weer betowering te laat vind in die Depressie-tydperk in Londen.

Marc Shaiman en die Tony-bekroonde Scott Wittman het hul kragte saamgesnoer om oorspronklike liedjies en ’n klankbaan vir Mary Poppins Returns te komponeer.

© Cover Media