Gebou vir ’n boekwurm

[caption id="attachment_2340" align="alignnone" width="225"]Foto oorgespeld van bhg.com Foto oorgespeld van bhg.com[/caption]

Dit lyk dalk soos ’n pasgemaakte stuk, maar dié lieflike leesbank is ’n hoë boekrak op sy sy met pote aan. Maak ’n matras om daarop te pas, gooi ’n paar strooikussings, voeg ’n mat en ’n sitsak by en jy het ’n lekker lees-area.

Speel en stal uit

[caption id="attachment_2342" align="alignnone" width="225"]Foto oorgespeld van Ali S. B. Foto oorgespeld van Ali S. B.[/caption]

’n Ou vertoonkas wat al beter dae gesien het, sal met ’n bietjie verf (binne en buite) in die kleur van jou keuse ’n pragtige vertoonkas maak.

Plant ’n idee

STORAGE Planters

Sagte speelgoed, groot boublokke, balle en baie meer gaan ’n goeie tuiste vind in dié planthouers wat teen die muur gemonteer is. En wanneer jou kinders hul speelgoed ontgroei het, kan jy dit altyd tuin toe skuif.

’n Nuttige oorloopdek

[caption id="attachment_2344" align="alignnone" width="225"]Foto oorgespeld van inspirationfeed.com Foto oorgespeld van inspirationfeed.com[/caption]

Ou skaatsplankdekke maak lekker rakke – verf dit weer as jy wil en sit hulle eenvoudig op ’n paar arms.

Kreatiewe kratte

[caption id="attachment_2341" align="alignnone" width="225"]Foto oorgespeld van Kristina Chaney Foto oorgespeld van Kristina Chaney[/caption]

Plastiekkratte in vrolike kleure kan ’n vertrek ophelder en is ’n nuttige oplossing. Gebruik ’n uitleg wat lank en laag is vir jonger kinders en stapel hulle hoër vir ouer kinders. Gebruik kabelband om dit stewig in plek te hou – dit is sterk genoeg om te keer dat de hele spul inmekaarval, maar maklik genoeg om te verwyder as jy iets wil verander.

- Alfie Steyn