Ready to enjoy my birthday present with @ladyadey77 #mjhistoryshow #michaeljackson

A post shared by Paul Adams (@pauladams39) on

“Ek is opgewonde om aan te kondig ons verwag ’n bondeltjie vreugde in September 2017 #3” het Paul (40) op Instagram vertel.

Excited to announce that we are expecting a bundle of joy in September 2017 #3

A post shared by Paul Adams (@pauladams39) on

Die paartjie het reeds twee kinders, Maya (10) en Tate (8). Tate is nou in gr. 3 en sy ousus in gr.4.

#BackToSchool Grade 3 and Grade 4 for these 2 #2017 @ladyadey77

A post shared by Paul Adams (@pauladams39) on

Paul bring beslis sy kant met pajamadril, het sy vrou in 2013 vertel toe ons met hulle gesels. “By die huis is hy net ’n pa wat slaaptydstories lees of kolwyntjies gaan koop of klein Tate terugvat bed toe wanneer hy ons snags kom wakker maak,” het sy toe oor die oudkrieketheld vertel.

Hy het al op 18 as Protea-bouler sy teenstanders laat les opsê en op 35 die leisels as Cape Cobras-afrigter oorgeneem. Hy het einde verlede jaar aangekondig hy gaan ná vyf seisoene uittree as afrigter om op 1 Januarie by sy nuwe pos aan te sluit as Wes-Kaap Krieket se hoëprestasie-bestuurder en -afrigter.

Dit kom nadat daar al ’n ruk lank ’n dispuut woed tussen van die Cobras se gekontrakteerde spelers wat ontevrede is met “Gogga”, soos hy alombekend was in sy krieketdae, as afrigter.

Dit lyk reeds of klein Tate soos sy pa in ’n krieketspeler gaan ontpop.

Wearing his 1st kit and sporting a I love Harare t-shirt #BackYardCricket #Zimbo #Gogga @ladyadey77

A post shared by Paul Adams (@pauladams39) on

Veels geluk, julle twee!

EKSTRA BRON: CRICKET.CO.ZA