[caption id="attachment_123107" align="alignnone" width="600"]Klein Hayley Meyer in die hospitaal. Foto: Facebook Klein Hayley Meyer in die hospitaal. Foto: Facebook[/caption]

In die laaste paar weke het die verhaal van baba Hayley die land aangegryp ná sy op 4 April gebore is en net 650 g geweeg het. Haar toestand het spoedig versleg en net tien dae na haar geboorte het sy nog 100 g verloor.

Haar diep gelowige ouers het 'n Facebook-groep A Test of Faith opgestel waarop hulle die publiek oor Hayley se vordering ingelig het.

Lees ook: Albertonse ma van vroeggebore baba smeek die Here vir ‘net ’n bietjie asem’ in haar lyfie

Maar Maandagaand het Hayley se pa, Pieter (21), die hartseer nuus bevestig: “My klein prinsessie is dood . . . haar liggaam was onder baie druk en God het gekom om haar huis toe te vat. As pa vir die eerste keer, is ek gebreek.”

Toe Huisgenoot Vrydag met Pieter gesels het, het hy gesê haar toestand het verbeter en dat sy deur die nag gepiepie het. “Sy is ’n ware vegtertjie,” het hy gesê. “Ons hou vas aan die Here se hand. Dis al hoe ons hierdeur gaan kom.”

Lees ook: Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Duisende mense is opgeraap deur Hayley se verhaal en het op verskeie sosialemediaplatforms vir haar gebid.

Pieter het namens sy vrou, Nicole (21), die publiek bedank vir hul ondersteuning en gebede.

“Sy het my en my vrou se geloof weer herstel,” het hy op Facebook geskryf. “Sy was ’n ware wonderwerk, hoop en inspirasie.

“Vir meeste mense was sy net ’n klein babatjie, maar vir my was sy ’n held. Pappa is baie lief vir jou en tot ek jou weer sien, het jy die perfekte Pappa wat na jou omsien.”

Ander stories op Huisgenoot.com

Die soektog na Madeleine McCann: hoop vlam opnuut op

Operasie van baba met gaping in haar bors glo 1ste vir SA: ‘Ons is hoopvol,’ sê haar pa

Wie is die gelukkige verjaardagmeisie wat al dié geskenke gekry het?

Kyk: Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Kyk: Jy sal nie glo hoe Taylor Swift se nuwe haredos lyk nie!

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word