Soos iets uit ’n oorlewingsfilm het ’n dragtige skaap 11 dae oorleef nadat sy onder ’n sneeubank vasgeval het in die suidweste van Skotland.

Die boer Stuart Mactier het die goeie nuus met familie en vriende op Facebook gedeel.

"Ek het haar uitgegrawe nadat sy 11 dae heeltemal toe was onder die sneeu. Sy was nie eens bewusteloos nie; dit was ongelooflik,” het hy gesê.

Ná die sneeuval is omtrent 60 skape op Stuart se plaas vermis; slegs vier is daarna gered.

- Bang Showbiz