’n Vrou van Arizona in die VSA is drie en ’n half jaar tronkstraf opgelê omdat sy haar man in 2012 met die gesinsmotor raak gery het.
Holly beweer sy wou haar man net die skrik op die lyf jaag, maar dat haar voet op die pedaal gegly het.

Holly Nicole Solomon (31) was glo woedend toe sy hoor Daniel Solomon (36) het nie in die 2012-verkiesing gestem nie. Sy het toe in hul Jeep gespring en haar man in die parkeerarea rondgejaag.

Hy het haar heeltyd ontduik, maar helaas! Sy het onder meer haar man se pelvis gebreek toe sy hom tref.

In die 2012-verkiesing in die VSA het Barack Obama vir sy tweede termyn gestaan. Holly het glo gedink hulle sou baie swaar kry as hy weer vir ’n tweede termyn president is.

Getuies het die egpaar voor die aanval sien stry. Holly beweer sy wou haar man net die skrik op die lyf jaag, maar dat haar voet op die pedaal gegly het.

Bronne: AP, Yahoo news