Beamptes is Maandag ontbied oor ’n motor in die Delaware-river in noordoos-Philadelphia. ’n Getuie het gesê die man het tot by die oewer bestuur, uitgeklim en die motor in die rivier laat loop, het insp. Scott Small gesê.

“Ek skat hy was kwaad vir haar en het haar voertuig in die Delaware-river laat loop,” het hy gesê.

Mariene-eenhede het, het 1990 Corvette in water van sowat 9 m gevind. Dit was pikdonker en hulle moes rondtas om seker te maak daar is niemand binne-in nie, het Scott gesê. Hulle het die motor minder as twee uur later uitgesleep.

Scott het gesê ondersoekers het later vasgestel ’n 50-jarige man het sy vrou se woning besoek en die motor gevat. Hy sê die getuie se beskrywing stem ooreen met die man.

Die man word gesoek, maar sal waarskynlik nie van diefstal aangekla word nie, want die paartjie besit glo albei die motor, het Scott gesê. Maar hy het gesê die man het dalk ’n beskermingsbevel oortree en sal dalk van roekelose bedreiging aangekla word.

Scott het gesê dit was “uiters gevaarlik” vir duikers om in donker toestande te moet duik, veral in daardie gebied, waar die rivierbodem bestrooi is met motoronderdele, metaalstawe en rommel.

“Hulle het gesê daar was geen sigbaarheid – hulle het blindelings rondgetas,” het hy gesê.

Volgens Scott kan die man van nog iets aangekla word: onwettige storting.

Bronne: Huffington Post, Fox 29, AP