Betogende lede van die ANC-jeugliga het Woensdag opgeruk na die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se kantore in Plattekloof, Kaapstad.

Polisiebeamptes het hul spoedig na die toneel gehaas om die chaotiese toneel in orde te probeer bring. Netwerk24 berig skokgranate is ook ingespan.
Volgens die aanlyn nuusplatform betoog lede van die jeugliga reeds sedert vroeg Woensdagoggend oor "geen tranformasie" in rugby. Slagspreuke soos "Cricket, netball and tennis are next" en "White Supremacy Must Fall" was oral op plakkate te sien.
Die polisie het intussen die situasie onder beheer gebring en die betogers verder van die ingang na Saru se kantore gedwing. Ná die betogers se griewe voorgelees is, het ’n Saru-verteenwoordiger ’n memorandum ontvang en onderteken. “Ons is reeds besig om groot stappe vorentoe te beweeg in terme van transformasie,” sê Francois Davids, lid van Saru se uitvoerende raad. “Ons het organisasies soos die ANC Jeugliga nodig om ons te help en betrokke te raak. Dan sal hulle ook kan sien hoe transformasie dag-vir-dag plaasvind.”

Saru het ook laat blyk dat hulle op die versoeke in die memorandum sal reageer, maar dat hulle dit eers behoorlik moet bestudeer.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dramatiese toneel waar Durban-hotel op strandfront brand

Moontlik verdoemende getuienis teen Cliff Richard dalk binnekort bekend

‘Ek was reusagtig en het gevoel of ek stadige dood sterf,’ sê vrou wie se eks haar voer

70-jarige pensioenaris skenk die lewe aan haar eersteling

Sewejarige seun wat sy hare aan kankerpasiënte skenk word self daarmee gediagnoseer