“Ons voel dis nodig dat ons die ander kant van hierdie aaklige dwelmmiddel wys,” het die polisie in 'n plasing saam met die foto geskryf.

"Ons voel dis nodig dat ons praat ter wille van die kinders wat in hierdie verskriklike gemors vasgevang is. Hierdie kind kan nie self sy saak stel nie, maar ons hoop sy storie kan ’n ander dwelmgebruiker oorreed om twee keer te dink voordat hy of sy hierdie gif inspuit terwyl hy of sy ’n kind in sy of haar sorg het.”

Die polisie het bygevoeg hoewel hulle “deeglik bewus” is daarvan dat die foto’s sommige mense aanstoot sal gee – en dat hulle “werklik jammer” is daaroor – “is dit tyd dat die publiek wat nie dwelms gebruik nie, die dinge moet sien waarmee ons daagliks te doen kry”.

[caption id="attachment_136650" align="alignnone" width="601"]Hierdie kontroversiële foto het 'n heftige debat ontlok Foto: Facebook Hierdie kontroversiële foto het 'n heftige debat ontlok Foto: Facebook[/caption]

"Die gif bekend as heroïen het ’n stewige greep op baie gemeenskappe gekry, nie net op ons s’n nie. Die verskil is dat ons bereid is om teen die probleem te veg totdat dit verdwyn. En as dit beteken dat ons sommige mense langs die pad gaan affronteer, is ons bereid om dit te doen.”

Die seuntjie is kort na die insident in die sorg van kinderbeskermingsdienste geplaas terwyl sy ouers voor ’n hele klompie aanklagte, insluitend die feit dat hulle hul kind aan gevaar blootgestel het, te staan kom.

Die omstrede foto het intussen meer as 12 000 reaksies op Facebook ontlok en is meer as 28 000 keer gedeel.

Hoewel sommige mense die polisie se besluit om die ontstellende foto’s uit te reik gesteun het, was andere weer verontwaardig oor die owerhede se skaamtelose plasing, veral omdat hulle nagelaat het om die seuntjie se gesig te sensor om sy identiteit te beskerm.