9 + 1 + 1 = 11?

[caption id="attachment_160545" align="alignnone" width="600"]Foto: Pexels Foto: Pexels[/caption]

Mense nader nie gewoonlik die polisie om hulle met moeilike somme te help nie, maar Lena Draper (10) van Marion in die Amerikaanse deelstaat Ohio se huiswerk het haar erg laat kopkrap. So erg dat sy haar plaaslike polisietak in die sosiale media gevra het om haar te help.

Haar ma, Molly, het die gesprek op haar Facebook-bladsy gedeel.

Een van haar Facebook-vriende het gou opgemerk lt. BJ Gruber se raad maak nie heeltemal sin nie, maar dit het Molly glad nie gepla nie.

“Dis fantasties dat hulle tyd ingeruim het om die som saam met haar deur te werk, of die antwoord nou reg is of nie,” het die ma aan CNN gesê.

“Dit dui op ’n verbintenis om vertrouensverhoudings met die gemeenskap te bou.”

Bron: CNN