Die polisie van Oos-Orlando het bevestig die voormalige presidentsvrou het inderdaad 'n saak van diefstal by die plaaslike stasie aangemeld, maar wou geen verdere besonderhede verstrek nie.

Die nuusagentskap verstaan wel dat Winnie agtergekom het die geld is weg nĂ¡ sy haar handsak uit haar klerekas gehaal het om te kyk vir broodgeld.

Die 80-jarige het na wat berig word die R83 000 as verjaarsdaggeskenk ontvang. Sy was glo van plan om die geld binnekort te gaan bank.

Bron: News24