00011033

As jy van plan was om Sondag jou Kersinkopies te doen, neem kennis talle winkels gaan gesluit wees uit respek vir Madiba se begrafnis. Die geliefde oudpresident word Sondag op sy tuisdorp in die Oos-Kaap begrawe.

Van die winkels wat aangekondig het dat hulle Sondag nie soos gewoonlik sal sake doen nie, is Clicks en Woolworths. Die winkelgroep Massmart se Makro, Builders Warehouse en Game se deure sal ook gesluit wees. Shoprite en Checkers tel ook onder die koswinkels wat toe sal wees.

Virgin Active se gimnasiums sal landwyd gesluit wees.

Pick n Pay sal wel oop wees, maar slegs personeel wat vrywillig om te werk, sal hoef te werk. Dié winkel het vandag aangekondig dat hulle ter ere van Madiba alle winste wat hulle uit verkope op Sondag maak, aan liefdadigheidsorganisasies sal skenk.

Maandag 16 Desember sal die land voortgaan met die gewone handelsure wat vir vakansiedae geld.