’n Australiese winkel vra klante R50 om na die winkel se produkte te kyk.

Georgina, die eienares van die glutenvryekos-winkel Celiac Supplies, het dié drastiese stap gedoen nadat sy gefrustreerd geraak het met die publiek wat net kom kyk na die produkte in haar winkel en dit dan elders gaan koop.

Gevolglik het sy ’n teken buite haar winkel aangebring wat klante van die nuwe fooi inlig, maar baie mense glo dit gaan mense afskrik om haar winkel in Brisbane binne te gaan.

“Ek is moeg van werk sonder dat ek betaal word. Ek is nie hier as ’n liefdadigheidsdiens sodat winkels soos Coles en Woolworths geld kan maak nie,” het sy gesê.